Monday 19 November 2012

Week van 16 November 2012

Vooruitskouend en Terugskouend

Agter die rug: Amerikaanse presidensiële verkiesing en Sjienese aanstelling van nuwe leiers.
Voor in die pad: Amerikaners wat 'n plan moet maak vir regeringsbesparings en belasting verhogings voor die einde van hierdie jaar. Europa se voortslepende worsteling met hul skuld. Sjiena wat staal oorproduksie, nie betalende banklenings, geboue sonder huurders en nou ook verswakkende klerebedryf uitvoere sal moet aanspreek saam met ekonomiese herbalansering.

Ekonomiese bedrywighede wêreldwyd is besig om voort te beur en is 'n voortdurende proses van probleem hantering. Daar is nie 'n uiteindelike oplossing wat alles seepglad sal laat verloop en 'n utopia tot stand sal bring nie. Elke dag dra by: vooruitskouing skep verwagtings en terugskouing bring hopelik groter insig.

Op die 2de November het die JSE Alsi op 'n hoogtepunt van 37,664 gesluit, op die 6de November 'n vinnige draai by 37,749 gemaak en nou weer gedaal om vrydag die 16de op 36,818 te sluit.


Daar is ondersteuning by 36,620 en die 50 dae bewegende gemiddeld.

Hou die Amerikaners ingedagte. Die eerste aankope van die $40 biljoen per maand se verband gesteunde sekuriteite wat in September deur Ben Bernanke aangekondig is, se effek kan dalk binnekort gesien word.

Die toekoms is nie uitsigloos nie, ten spyte van die nuusopskrifte, en wanneer die markte daal, kyk gerus fyn of die aandele waarin jy belangstel nie dalk nou 'n moontlike winskoop is nie.

1 comment:

  1. Ek is Абрам Александр, 'n sakeman wat in staat was om sy sterwende slap besigheid te laat herleef deur die hulp van 'n God gestuurde geldskieter, bekend as Benjamin Lee, die leningskonsultant. Ek woon in Jekaterinburg Екатеринбург. Probeer u om 'n besigheid te begin, u skuld te vereffen, u bestaande uit te brei, geld benodig om voorrade aan te koop. Het u probleme gehad om 'n goeie kredietfasiliteit te bekom, wil ek hê dat u moet weet dat mnr. Benjamin u sal sien. Is die regte plek vir u om al u finansiële probleme op te los, want ek is 'n lewende getuienis, en ek kan dit nie net by myself hou as ander op soek is na 'n manier om finansieel opgehef te word nie. gebruik die besonderhede soos aangedui in 'n ander om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. E-pos: Lfdsloans@outlook.com Of WhatsApp / Text + 1-989-394-3740.

    ReplyDelete